33 South Backpackers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

33 South Backpackers is geleë in die hartjie van Observatory, 'n lewendige, eklektiese studentebuurt. Elke kamer is versier volgens een van Kaapstad se bekende woonbuurte, gaste hoef nie ver te gaan om soos 'n ware Kapenaar hier te voel nie. Bespreek 'n plekkie en proe 'n bietjie avontuur en reisgenot in een van die fantastiese kamers - Khayelitsha, Kalk Bay, District 6, Tygerberg en Bo-Kaap.

Gaste kan kies tussen 2 dubbelkamers en 4 stapelbedkamers met slaapplek vir 6 tot 8 persone en word uitsluitlik deur dames of mans bewoon. Al die beddens is oorgetrek met topgehalte perkallinne en al die stapelbeddens is ekstra lank. 'n Ligte ontbyt en gratis internet is ingesluit by die tarief, en al die kamers het digitale kluise sodat jy jouself nie oor jou besittings hoef te bekommer nie.

33 South Backpackers is vol pragtige, kleurvolle, diverse mense, net soos die kamers. Al ons personeel het unieke persoonlikhede en blink uit in gasvryheid, entoesiasme en kennis oor hierdie mooi omgewing. Talle sosiale geleenthede en uitstappies word gereeld gereël om seker te maak almal beleef 'n avontuur of twee terwyl hulle hier bly.

Observatory is propvol unieke kroeë, lewendige restaurante van alle soorte, kleur, lewendige musiek, pool-plekke en meer! Die treinstasie en 'n uitstekende supermark is ook net 'n klipgooi van ons af. Obs is 'n MOET as 'n mens in die Kaap kuier. Observatory het alles - van 'n organiese mark Saterdae tot "bands" wat optree.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 33 South Backpackers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za