LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 34 On Caledon | LekkeSlaap
+18

34 On Caledon

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caledonstraat 34, Camphersdrift, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 800 per nag(plek vir 7)

Beskrywing

34 On Caledon is 'n lieflike selfsorghuis wat sentraal geleë is in die woonbuurt Camphersdrift in George, aan die Tuinroete. Die huis is in die 60's gebou op 'n boomryke plot wat 2300 vierkante meter groot is met uitsigte van die George-piek van die Outeniekwaberge. Die huis is naby verskeie bergfietsry- en drafroetes in die berge. Gaste kan ook Victoriabaai wat 11 km van die huis af is of Haroldsbaai wat 18 km weg is besoek.

Die huis is geskik vir 7 gaste. Daar is 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, oopplan-sitarea en -leefarea en 'n beskutte braaistoep. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. Elke badkamer het 'n bad en stort.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, ketel en skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 8 en die leefarea het 'n kaggel. Verder is daar 'n TV waarop gaste Netflix kan kyk.

Die beskutte braaikamer het oorgenoeg sitplek, 'n ingeboude braai, draagbare ketelbraai en 'n yskas vir drankies. Die kamer het stapeldeure wat na 'n dek met 'n swembad lei. Daar is 'n groot agterplaas waar kinders kan balskop en in die motorhuis is daar plek vir 'n kar, fietse en branderplanke indien nodig.

Slaapplek

’n Bespreking by 34 On Caledon sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Caledonstraat 34, Camphersdrift, George, 6529, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caledonstraat 34, Camphersdrift, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUOBDFwaxhNjbJ0CkpZVyMQAxyrVsmY4FMELT7XEUoygJu1kEH8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800  per nag(plek vir 7) 34 Caledon Street Camphersdrift 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.950718 22.462182
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!