35 on 4th

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

35 on 4th is 'n selfsorg-vakansiehuis wat in Voëlklip in Hermanus geleë is. Die huis is naby verskeie bergroetes geleë en net 'n klein entjie se ry van die middedorp af.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die derde en vierde slaapkamer is albei ingerig met 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort en die derde badkamer 'n stort en 'n bad.

Die leefarea is semi-oopplan en beskik oor 'n TV-kamer, 'n kombuis en 'n eetarea. Die sitkamer is op die onderste verdieping. Die moderne kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof, 'n oond, eetgerei, breekware en 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n beskutte binnebraai, sowel as 'n kuierarea buite met 'n draagbare braai en buitemeubels.

Die huis is minder as 1,5 km vanaf Skulpiesbaai, Langbaai, Kammabaai en Voëlklip-strand.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 35 On 4th gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 900 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]