39 On Nile Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

39 On Nile Guest House bied gerieflike akkommodasie in goed toegeruste eenhede. Die gastehuis is sentraal geleë in Port Elizabeth en is stapafstand vanaf Greenacres Inkopiesentrum. Port Elizabeth is een van Suid-Afrika se gunstelingvakansiebestemmings met warm, skoon water, lang, wit strande, en 'n verskeidenheid besienswaardighede. Dit is ook een van Suid-Afrika se groot industriële sentrums

Verblyf word aangebied in 3 kamers en daar is 'n tuinkothuis. Al die eenhede het 'n en suite-badkamer. Die kamers kan elkeen 2 gaste akkommodeer, terwyl die kothuis tot 4 gaste kan akkommodeer. Geriewe in die kamers sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en 'n mikrogolf. Kamer 3 en 4 het 'n kombuisie wat ideaal is vir selfsorgverblyf. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Gaste kan gerus kom ontspan in die tuin en die swembad benut. Die hoofhuis is toegerus met 'n kaggel binne wat perfek is vir koue wintersnagte. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek van die straat af agter 'n geslote hek wat met 'n afstandbeheer beheer word.

39 On Nile Guest House is geleë naby Greenacres Hospitaal, Newton Park Swembad, Virgin Active, Greyhound Bushalte, Interkaap Bushalte en Translux Bushalte. Nelson Mandela Bay Stadion is minder as 3 km weg en Port Elizabeth Internasionale Lughawe is minder as 9 km weg. Collegiate en Grey Hoërskool is minder as 3 km weg. Daar is 'n aantal aktiwiteite en besienswaardighede vir besoekers om te geniet, soos Bayworld, Donkin-reservaat, Port Elizabeth se strande en Boardwalk Hotel en Casino.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 39 On Nile Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R805 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za