3@Marion Guesthouse
Beskrywing
3@Marion Guesthouse is 'n pragtige, kalm toevlugsoord met 'n ideale ligging in Colbynstraat in een van Pretoria se rustigste woonbuurte. Dié gastehuis se ligging is ideaal vir sakelui en vakansiegangers en bied maklike toegang tot die N1 en die N4, wat dit ook ideaal maak vir reisigers wat op pad is na die Krugerwildtuin.
Elke kamer is gerieflik gemeubileer en toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, kluis, haardroër, gratis WiFi-toegang en 'n TV met DStv. 'n Heerlike ontbyt is ingesluit by die tarief. Aandete, middagetepakkies en fynproewerspiekniekmandjies is beskikbaar op versoek.
Ons is hier om fantastiese diens en 'n perfekte ligging te bied. Ontspan gerus in die welige tuin of op die gerieflike leerbank langs die kaggel. Die gastehuis het ook 'n volledige kroeg en braai-area. 'n Wasgoed- en strykdiens is beskikbaar op versoek en ons sal jou graag bystaan met toeriste-inligting, uitstappies, motorhuur, besprekings en vervoer na die lughawe en die Gautrain. Spa-behandelings kan bespreek word op versoek.
3@Marion het 'n stil konferensielokaal met 'n uitsig oor die tuin en is ideaal vir vergaderings en opleidingsessies. 16 afgevaardigdes kan geakkommodeer word met 'n raadsaal-uitleg en daar is plek vir 25 as die lokaal soos 'n klaskamer ingerig word. 3@Marion is ook ideaal vir ooievaarstees en kombuistees - ons is mal daaroor om partytjies te reël.
By 3@Marion Guesthouse sal jy so tuis voel soos by jou eie huis terwyl jy vergaderings hou, die besienswaardighede besoek, en alles tussen in verken. Die Uniegebou, botaniese tuin en Colbyn Oefenbof is op ons drumpel en OR Tambo Internasionale Lughawe is net 30 minute se ry van ons af.
Kenmerke
- Afrikaans
- Gratis WiFi
Geriewe
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
Konferensie geriewe
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na 3@Marion Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |