4 On Turner

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4 On Turner bied verblyf in 2 woonstelle wat gerieflik gemeubileerd is en slaapplek aan 'n totaal van 10 gaste in Bellville bied.

Die eerste woonstel, 4 On Turner, bied slaapplek vir 6 gaste. Dit het 'n privaat ingang en twee slaapkamers, 'n badkamer en 'n leef-area. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en stapelbed. Linne, ekstra komberse en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank. Die leefarea het 'n ingeboude braai en 'n TV met beperkte DStv. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Daar is ook 'n ruim privaat buite-area met tafels, stoele, sonsambreel en buitebraai waar 'n bietjie buitelig geniet kan word.

Die tweede woonstel, Cape Fynbos, is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel met slaapplek vir 4 gaste. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens wat teen mekaar geskuif kan word vir 'n dubbelbed. Linne, ekstra komberse en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n TV met Showmax en Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Gaste het ook toegang tot 'n buite-area met 'n tafel asook 'n binnebraai.

Beide eenhede is so ingerig dat fokus geplaas word op privaatheid en gerief. Veilige parkeerplek is agter 'n geoutomatiseerde hek beskikbaar.

Bellville het verskeie doendinge en besienswaardighede, soos die Happy Gardener-speelpark by Stodels, Cool Runnings-kodelslee en talle winkelsentrums, en verskeie ander besienswaardighede en doendinge is minder as 30 km hiervandaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 On Turner gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R580 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false