4 on Varneys

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By 4 on Varneys word jy blootgestel aan die twee ritmes van Kaapstad: die lewendige hartklop van die stad en die kalmte van hierdie pragtige, luukse gastehuis in Groenpunt. 4 on Varneys bied 'n rustige toevlugsoord na 'n besig dag in die stad.

Weelderige kleure, teksture en styl is gebruik om die gastehuis te versier - modern Afro en Edwardiese oorspronklikheid word vermeng en die kristalkandelare werp lig op die kontemporêre kuns. 4 on Varneys bied die beste van twee wêrelde - waarde vir geld en 'n weelderige atmosfeer, ruim kamers met hoë plafonne en handgemaakte linne, satelliet-TV en wonderskone uitsigte van die boonste balkon af.

Begin jou dag met 'n heerlike ontbyt op die sonnige ontbytterras. Rus lekker uit in die tropiese binnehof onder die palmbome, koel lekker af in die swembadjie en raak rustig op die rusbanke. Die gastehuis is ideaal geleë vir gaste wat nie hul eie vervoer het nie hierdie vierster-toevlugsoord is stapafstand vanaf die V&A Waterfront, die restaurante, kafees en deli's in Cape Quarter, die beste kroeë en klubs in die stad, die KIKS, Groentemarkplein, 'n volledig toegeruste gimnasium, die stadskern en die promenade.

Klop aan by hierdie luukse gastehuis tussen die stadsliggies, omring deur 'n luisterryke omgewing vir uitstekende waarde vir geld in hierdie hoekie van die paradys.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 On Varneys gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za