4 Seisoene

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Beskrywing

4 Seisoene is in die rustige voorstad Tergniet in Mosselbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n rustige gesinsvakansie.

Daar is 3 aparte eenhede: 'n vierslaapkamerhuis, 'n eenslaapkamerwoonstel en 'n oopplan-enkelwoonstel.

Die huis het 4 slaapkamers, 1 badkamer met 2 aparte toilette, 'n volledig toegeruste kombuis, 'n sitkamer en eetkamer, 'n aparte leefkamer en 'n dek wat noord front met 'n see-uitsig.

Die eenslaapkamerwoonstel het 'n kamer met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, 'n oopplan-leefarea met 'n kombuisie, 'n slaapbank en 'n TV met DStv. Dit het 'n aparte ingang.

Die oopplan-enkelwoonstel is ideaal vir 'n paartjie of 'n enkelreisiger. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n dubbelbed. Daar is nie 'n TV in die eenheid nie, maar wel 'n radio vir vermaak.

Let asb. daarop dat ons nie bad- of strandhanddoeke voorsien nie.

Die huis is sowat 100 m van die strand af, net in die straat op. Tergniet is tussen Klein- en Grootbrakrivier, halfpad tussen George en Mosselbaai en 10 km vanaf Hartenbos geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 Seisoene gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 R280 per nag (plek vir 2)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za