4 Summer Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4 Summer Place is in Shelley Beach en bied direkte toegang tot die strand. Gaste kan rustig op die bed lê en luister na die suisende see.

Die eenheid sal gaste onmiddellik tuis laat voel en lekker laat ontspan. Daar is baie aandag gegee aan die binnenshuise versiering en die meeste van die meubels is pasgemaak. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het ook skuifdeure wat lei na die stoep en gaste kan vanaf dié kamer die golwe hoor breek. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en is smaakvol versier volgens 'n seevaart-tema. Die tweede badkamer is toegerus met 'n bad en toilet. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer vir 2 ekstra kinders. Verder is daar 'n oopplan-kombuis en -sitkamer en 'n gerieflike ontbythoekie. Die kombuisgedeelte is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler.

Die pragtige, afgewitte eetkamertafel op die groot stoep is ideaal vir besoekers wat wil onthaal. 4 Summer Place is op die onderste verdieping en lei na 'n pragtige grasperk waar kinders veilig kan speel.

4 Summer Place is in 'n rustige, veilige woonbuurt, en tog net 'n klipgooi vanaf al die doendinge aan die Hibiscuskus. Die eenheid is ideaal vir gesinne wat hou van visvang. Shelly Beach Ski-Boat Club is langs die eenheid en besoekers kan gerus hier aanklop vir bootvaarte en diepseehengel.

As jy op soek is na rustige vakansieverblyf aan die Suidkus, het jou soektog sopas tot 'n einde gekom!

Let asb. dat die eenheid slaapplek vir tot 6 gaste het, maar net vir 4 volwassenes. Daar is 'n ekstra slaapbank met slaapplek vir 2 kinders.

Geen besprekings vir matriekvakansie of enigeen onder die ouderdom van 21 jaar mag sonder toesig van 'n volwassene bo die ouderdom van 21 jaar hier bespreek nie.

Gaste moet asseblief hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Slaapplek

'n Bespreking by 4 Summer Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 Summer Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false