Rooihuiskraal North Akkommodasie by 4 You Self-Catering Accommodation | LekkeSlaap
+53

4 You Self-Catering Accommodation

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Falcon-straat 4b, Amberfield Crest Landgoed, Centurion, 0156, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

4 You Self-Catering Accommodation is op Amberfield Crest Sekuriteitslandgoed geleë. Dis ideaal vir sakereisigers, gholfspelers en gesinne vir 'n naweek of sommer in die middel van die week. Dis ook ideaal indien gaste naby hospitale en doktersafsprake moet wees.

Dis gerieflike, veilige selfsorgverblyf in 'n tuin-eenheid. Die oopplan-woonstel is ruim en het slaapplek vir 4 volwassenes, of 2 volwassenes en 2 kinders. Daar is 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelslaapbank, 'n enkelmatras en 'n bababed. Die eenheid het ook 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, ’n leefarea en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die kombuis het 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster. Daar is ook 'n haardroër, strykyster en 'n strykplank. Die leefarea het 'n platskerm-TV met DStv Explora. Die eenheid het 'n privaat ingang van die parkeerarea af.

Badhanddoeke en linne word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring. Gaste het toegang tot die swembad en kinders moet ten alle tye onder volwasse toesig wees. 'n Kamerdiens is beskikbaar van Maandae tot Vrydae. Onbeperkte WiFi is beskikbaar teen 'n ekstra koste van R25 per dag vir die volle duur van die verblyf. Dit moet op die inklokdag betaal word.

Amberfield Crest is 'n rustige en veilige sekuriteitskompleks met lieflike parke. Die landgoed word goed onderhou en het 'n toegangsbeheerde sekuriteitsingang. Dit is ook sentraal geleë langs Virgin Active-gimnasium en die Mall@Reds in Centurion. Centurion Winkelsentrum is omtrent 8 km weg en die hoofweë kan maklik bereik word. Die Gautrain-bushalte is ook naby, sowel as Zwartkop, Irene, Blue Valley en Centurion se gholfbane.

Slaapplek

’n Bespreking by 4 You Self-Catering Accommodation sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 5 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
1 xKinderbedjie

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 15 resensies vir 4 You Self-Catering Accommodation
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Falcon-straat 4b, Amberfield Crest Landgoed, Centurion, 0156, Gauteng
  • Gaste dink 4 You Self-Catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Falcon-straat 4b, Amberfield Crest Landgoed, Centurion, 0156, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8NZ5JVGHyxO3n4hZaxV2HszZUMrkEnAtkIrMRxV02vcnQ0mk5i?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 5 4b Falcon Street Amberfield Crest Estate 0156 Gauteng 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -25.874971743155 28.133151531147
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za