40 Fraser Street B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

40 Fraser Street B&B is weggesteek in 'n groot, pragtige tuin met makadamia-, avokado- en ou eikebome wat oorgenoeg skadu bied. Kom ontspan in die vriendelike, plattelandse dorpie met sy ontspanne, landelike atmosfeer. Ontbyt word ingesluit by jou verblyf.

Die B&B bied 'n verskeidenheid verblyf-opsies insluitend 2 dubbelkamers, 2 gesinskamers en 1 knus wittebrood-suite. Die dubbelkamers het 2 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word. Die gesinskamers bestaan uit 2 skakelkamers met 'n en suite-badkamer. Die wittebrood-suite het 'n aparte ingang en 'n privaat balkon waar jy jou eerste koppie tee of koffie van die dag kan geniet. Alle kamers sluit elektriese komberse en WiFi in.

Tariewe sluit 'n stewige plaasontbyt in wat in die eetkamer of op die patio bedien word, asook oggend- en middagtee. Gaste is welkom om in die leefarea te ontspan waar gesellige vuurtjies in die winter knetter. Daar is ook 'n TV en DVD-speler vir reënerige dae. Oorgenoeg parkeerplek is op die perseel beskikbaar en braaigeriewe en vuurmaakhout word voorsien. Gaste kan ook luilekker sit en hul aan die voëls verkyk. Voëls, insluitend uile en houtkappers, kom volop voor. Kinders is welkom teen 'n onderhandelbare tarief, afhangend van hul ouderdom en die aantal kinders wat saamkom.

Howick is die poort na die Middellande Meander wat begin by Howick-watervalle en die Midmardam.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 40 Fraser Street B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false