Umhlanga Akkommodasie by 402 Oyster Quays | LekkeSlaap
+15

402 Oyster Quays

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-straat 2, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 235 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

402 Oyster Quays is 'n selfsorgwoonstel op die vierde vloer van Oyster Quays, 'n veilige kompleks in Umhlanga. Die kompleks het 2 swembaddens met braaigeriewe en daar is piekniekplekke in die tuine.

402 Oyster Quays het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eet en sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Altwee kamers het lugversorging.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, en 'n tuimeldroër. Die eetarea het 'n eetkamerstel met 6 stoele en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea.

Die sitarea maak oop op 'n groot onderdakbalkon met buitemeubels en 'n lieflike uitsig oor die tuine, Oyster Box Hotel, en die see. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by 402 Oyster Quays sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Lighthouse-straat 2, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 235
per nag (plek vir 4)
Vanaf R3 235
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-straat 2, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRlZmMxNWY1LWI0NjUtNDM4OS05NTNiLTQ2N2MwMjk5NDZiYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 235  per nag (plek vir 4) 2 Lighthouse Road Umhlanga 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.72775824028 31.085810878296
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za