417 The Breakers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

417 The Breakers is 'n selfsorgwoonstel wat op die vierde verdieping in die Breakers Resort Hotel in Umhlanga Rocks geleë is. Dié hotel bied 'n swembad, kinderswembadjie, glyplanke, klimraam, trampolien, braaigeriewe, wassery wat met munte werk en Harry's Restaurant op die perseel. Daar is ook direkte toegang tot die strand vanaf die perseel.

417 The Breakers het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n TV. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.

Die selfsorgkombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele. Die sitkamer het 'n plafonwaaier en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea het groot skuifvensters met lieflike uitsigte.

Daar is onderdakparkeerplek, asook addisionele beperkte oop parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by 417 The Breakers sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 417 The Breakers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false