42 Chaka's Cove

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

42 Chaka's Cove is 'n selfsorgwoonstel in Ocean-rylaan in Shaka's Rock aan die Dolfynkus. Dit is minder as 50 km noord van Durban.

Die woonstel is teen die strand en het 3 slaapkamers wat slaapplek bied aan 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer is ingerig met 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die laaste twee kamers deel 'n aparte, tweede badkamer.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n ontbyttoonbank met 3 stoeltjies. Die leefarea kyk uit oor die see en beskik oor 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 en 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Skuifdeure lei na 'n privaat onderdakbalkon met 'n tafel en stoele, Weber-gasbraaigeriewe en lieflike see-uitsigte.

Ons voorsien al die nodige linne, seep en die eerste toiletrol. Gaste word die eerste aand bederf met 'n gasvryheidskinkbord met koffie, tee, suiker en Cremora. Onthou asb. om jou eie handdoeke saam te bring. Wanneer die helfte van jou verblyftydperk verstreke is word die eenheid skoongemaak. 'n Ekstra skoonmaakdiens is beskikbaar teen 'n klein addisionele fooi.

Onderdakparkeerplek is beskikbaar op die perseel langs die eenheid. Maak gerus gebruik van die Weber-gasbraaier op die balkon asook die swembad en die braaidek.

Die strand en die getypoele is net sowat 'n minuut se stap van die vebrlyf af. Die WiFi is gratis by Salt Cafe wat oorkant die pad is. Tiffany's Winkelsentrum met sy Spar, Clicks, restaurante en meer is net 3,2 km verder in Ocean-rylaan.

Slaapplek

'n Bespreking by 42 Chaka's Cove sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 42 Chaka's Cove gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 062 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false