43 Sea Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

43 Sea Lodge is in 'n woonstelkompleks in die hartjie van Umhlanga Rocks geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol-gemeubileerde drieslaapkamerwoonstel met see-uitsigte. Die kompleks bied direkte toegang tot die hoofswemstrand deur middel van 'n hekkie.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. In die tweede slaapkamer is daar 'n koningingrootte-bed en in die derde slaapkamer 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamer het toegang tot die tweede badkamer. Daar is dakwaaiers in die slaapkamers, en die beddens is met gehalte-beddegoed oorgetrek. Bad- en strandhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n oond en stoof, 'n mikrogolfoond, 'n ketel en 'n broodrooster. Beide die sitarea en eetarea beskik oor lugversorging, en in die sitarea is daar 'n TV met volledige DStv. Gratis WiFi is beskikbaar in die woonstel.

Daar is braaigeriewe op die gemeenskaplike balkon, vanwaar gaste die see-uitsigte kan bewonder. Die kompleks bied 'n swembad wat net deur die inwoners gebruik mag word, sowel as veilige onderdakparkeerplek. Parkeerplek vir 'n sleepwa is ook beskikbaar indien nodig. 'n Lughawependeldiens en 'n betroubare, bekostigbare taxi-diens kan gereël word op versoek. Die kompleks is gerieflike geleë, stapafstand na die kroeë, restaurante en winkels.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 43 Sea Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 150 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false