4a Human Cresent

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4a Human Cresent is 'n losstaande selfsorgwoonstel 2 km van die strand af in Duynefontein in Melkbosstrand. Dit is ideaal geleë om Kaapstad te besoek en die Weskus te verken.

Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers bo en elkeen het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer is onder en het ook 'n dubbelbed. Die boonste slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Gaste moet deur die 1 slaapkamer loop om die badkamer te gebruik.

Onder is daar 'n klein leefarea en 'n TV met volledige DStv-kanale, 'n tweede badkamer met 'n stort en 'n kombuis. Die kombuisie is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, yskas, mikrogolfoond, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die trappe na die solder is baie steil en is dus nie geskik vir kinders of bejaardes nie. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die eenheid is apart van die hoofhuis en het sy eie ingang, motorhuis en binnehof.

Melkbosstrand is in die Weskus geleë, 26 km van Kaapstad se middestad af. Dit het pragtige strande waar gaste vir ure kan wandel en asemrowende uitsigte van Tafelberg en Robbeneiland kan geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4a Human Cresent gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za