5 Sunrise Beach
6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - 35 North Beach Road, Westbrook, 4399, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
5 Sunrise Beach is net oorkant die pad van Westbrook se strand, 10 km suid van Ballito - 'n skilderagtige vakansiestad wat die ideale bestemming is vir gaste wat rustigheid en 'n seewegbreek met uitgestrekte strande soek.
Die woonstel is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het of 'n stort, of 'n bad, asook 'n wasbak en toilet.
Die hoofleefarea het onbelemmerde uitsigte oor die see en 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis, sitarea en eetarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser.
Die motorhuis se hoogte is 2,12 m en dit is 2,38 m wyd.
Die kombuis lei na 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet en die sitarea het gemaklike sitplek met 'n slim-TV. Daar is gratis WiFi. Skuifdeure lei na die groot balkon met braaigeriewe en 'n praguitsig oor die see.
Die kompleks het 'n swembad op die dak wat ook braaigeriewe en 'n panoramiese uitsig oor die see bied. Die kompleks is naby Sibaya Casino, Gateway Centre, 'n krokodilplaas en ook die bekende Zimbali- en Umhlali-buiteklubs.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 579
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 35 North Beach Road, Westbrook, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 5 Sunrise Beach het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
35 North Beach Road, Westbrook, 4399, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang