506 Lighthouse Mall

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

506 Lighthouse Mall is 'n luukse selfsorgwoonstel op die vyfde vloer van Lighthouse Mall in die hartjie van Umhlanga, slegs 200 m van die hoofstrand af. Die woonstel spog met pragtige uitsigte oor die see.

Daar is 2 dubbelkamers, elkeen met hul eie badkamer. Die woonstel beskik ook oor 'n sitkamer, eetarea en 'n moderne kombuis. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word op versoek. Daar is slaapplek vir 4 gaste. Gehalte linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis het graniet-oppervlakke, lieflike afwerkings en is ten volle toegerus. Daar is 'n mikrogolfoond, oond en stoof, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Ander geriewe sluit plafonwaaiers, 'n TV met DStv-kanale, 'n DVD-speler en WiFi-toegang in. Skuifdeure lei van die sitkamer na die patio, waar gaste 'n drankie of 'n ete kan geniet met die klanke van die branders in die agtergrond. Die patio beskik oor 'n tafel met sitplek vir 4 en 'n Weber-braai.

Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie beskikbaar. Let asb. daarop dat die woonstel nie geskik is vir klein kinders nie en dat rook verbode is in die woonstel.

506 Lighthouse Mall is 'n luukse selfsorgwoonstel in die hartjie van Umhlanga, slegs 200 m van die hoofstrand af in Umhlanga Rocks. Daar is verskeie hotelle in die nabye omgewing waar gaste kegelbal en ander speletjies kan speel. Gaste het ook toegang tot hope luukse restaurante en gesinsrestaurante, binne stapafstand van die woonstel af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 506 Lighthouse Mall gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]