Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

57 on Vermont

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vermontlaan 57, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 16
  • Vanaf R690 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

57 on Vermont is in Hermanus en bied gerieflike verblyf in 3 privaat selfsorg-chalets. Die eiendom is net 170 m vanaf Vermont Soutpan wat ryk aan voëllewe, insluitend flaminke, is.

Elke chalet is geskik vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed, gehaltelinne en -badhanddoeke, 'n badkamer met toiletware, 'n eetarea, 'n leefarea en 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het toegang tot 'n vuurput en braai-areas in die tuin met stoeptafels en -stoele, asook 'n berguitsig.

Ekstra geriewe sluit onbeperkte WiFi, swarttee, rooibostee, koffie, suiker en koekies in. Al die chalets het 'n TV met Openview-kanale.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad op die perseel met 'n berguitsig, asook 'n opwasarea buite met 'n dubbelwasbak en 'n droograk.

Daar is twee buite-areas waar gaste kan kosmaak. Die een het 'n tweeplaat-gasstoof en 'n tweeplaat-elektriese stoof en die ander het 'n tweeplaat-gasstoof en 'n Weber gasbraai.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek agter 'n outomatiese hek.

Alhowel Vermont 'n baie veilige area is, is die perseel omhein met 'n elektriese heining.

Die ligging bied gerieflike toegang tot die see en kuspaadjies, saam met verskeie besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing insluitend stap in die berge, wyn-, kaas- en olyfroetes, walviskyk, haaihokduik, blouvlagstrande, getypoele, natuurreservate, rotspaadjies, perdry, voëlkyk, restaurante en winkelsentrums.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 36 resensies vir 57 on Vermont
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Vermontlaan 57, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink 57 on Vermont het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vermontlaan 57, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 16
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA31bad68a22156a1a73bb4e8f15f05b51aed318afdc63312755561743798c2dbd5283756ec299cb7073f2bf088df5a1efd8a0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 57 Vermont Avenue Vermont 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.410787 19.162911