6 Kingston Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

6 Kingston Place is 'n selfsorgwoonstel op die boonste verdieping van die veilige Marina Martinique-kompleks in Astonbaai naby Jeffreysbaai.

Dié eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers, waarvan 1 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort is. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Daar is 'n mikrogolfoond, stoof, wasmasjien, tuimeldroër, yskas, ketel, broodrooster, stofsuier, skoonmaakmiddel, 'n strykyster en 'n strykplank. Die skuideure lei na 'n oop balkon. Kinders moet onder toesig wees. Die leefarea het 'n TV met DStv.

Die eenheid is ten volle toegerus met 'n braai-area op die balkon. Vier strandhanddoeke, badhanddoeke en linne word voorsien. Die eenheid word via trappe bereik op die tweede vloer en het onderdakparkeerplek. Let asseblief dat rook in die eenheid verbode is. Die eienaars bly hier naby en sal die sleutels oorhandig

Die kompleks kyk op die kanale waar gaste kan swem, seil of skemerkelkies op 'n bootvaart geniet. Daar is 'n buite-gimnasium naby die wildbewarea. Daar is 2 lieflike strande met 2 restaurante op die strand en nog 'n restaurant naby die Marina. Daar is 'n winkeltjie en 'n drankwinkel in Astonbaai. Die Fountain-winkelsentrum is in Jeffreysbaai. Checkers is ook hier naby.

Slaapplek

'n Bespreking by 6 Kingston Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 6 Kingston Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za