6 on Elba

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

6 on Elba kan as individuele eenhede of as geheel bespreek word en het 'n sentrale ligging in die Paarl wat stapafstand vanaf van die beste restaurante in die dorp, 'n vulstasie en Woolworths Food is. Dit is sowat 30 minute se ry van die lughawe, Stellenbosch en Franschhoek af en 40 minute van die V&A Waterfront af. Dit is ook sowat 10 tot 15 minute se ry vanaf talle Paarl-wynplase, die leeupark en krokodilplaas waar jy saam met die krokodille kan hokduik, 'n dagspa en talle ander doendinge.

Dié enkelverdiepinghuis het lieflike houtvloere en kristalkandelare oral in die huis. Akkommodasie word in 4 unieke slaapkamers en 'n aparte selfsorgwoonstel gebied. Die woonstelletjie bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en dit het sy eie ingang, 'n koningingrootte-bed, slaapbank, 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, bad en 'n toilet, 'n TV met DStv, lugversorging en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, ketel, gasstoof, elektriese oond en 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n strykyster. Die sitkamer het 'n gaskaggel en 'n platskerm-TV. Daar is 'n stoep en eetarea met 'n binnebraai en groot glasskuifdeure wat na 'n tuin met uitsigte op die berg en 'n swembad met sonstoele lei.

Die omgewing is veilig en die huis het 'n alarmstelsel en 'n afstandbeheerhek. 'n Betroubare skoonmaker is op versoek 2 keer 'n week op weeksdae beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 6 On Elba gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za