67 on Mountain

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

67 On Mountain is ’n selfsorg-kothuis in die pragtige dorp Somerset-Wes en word omring deur berge.

Die kothuis bied slaapplek aan 3 gaste (dubbelbed en enkelbed) en ’n matras kan vir ’n vierde gas (verkieslik 'n kind) teen ekstra koste gereël word. Die kothuis is pragtig versier en is apart van die hoofhuis. Dit beskik ook oor ’n privaat ingang en parkeerarea.

Die eenheid het ’n privaat badkamer met ’n stort. Handdoeke en seep word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie toiletware saambring.

Die kombuis is toegerus met ’n mikrogolfoond, braaipan, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Let asb. daarop dat daar nie ’n stoof in die eenheid is nie maar daar is wel braaigeriewe beskikbaar. Tee, koffie en skoonmaakmiddels word voorsien. Die sitarea het ’n TV met ’n DVD-speler. Skoonmaakdienste is beskikbaar teen ’n ekstra koste.

Daar is wonderlike restaurante naby ons en die Vergelegen/Lourensford-wynplase en Helderberg Natuurreservaat is slegs 2 km ver. Strand en Stellenbosch is net 12 minute van ons af en gaste het maklike toegang tot verskeie roetes om die Kaapse Wynlande te verken.

Kom geniet ons gasvryheid!

Slaapplek

'n Bespreking by 67 on Mountain sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 67 On Mountain gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R575 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za