Willard's Beach Akkommodasie by 69 Perissa | LekkeSlaap
+39
+39

69 Perissa

6 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 700 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 101, By 69 Perissa Santorini, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

69 Perissa is in Santorini in Ballito geleë en bied 'n asemrowende see-uitsig vanaf al die slaapkamers en balkonne. Dit is so naby die see dat jy van jou balkon af kan hoor hoe die branders breek en die stompneusdolfyne kan sien swem.

69 Perissa is 'n selfsorgwoonstel wat daagliks skoongemaak word, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea beskik. Hierdie woonstel is meestal geskik vir die gesin. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n kroegarea. Die moderne sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv en Netflix is ingelsuit. WiFi is ook beskikbaar. Die hoofslaapkamer lei na 'n oulike Juliet-balkon. en die hoofslaapkamer het 'n balkon. Daar is ook 'n privaat braai op die balkon.

69 Perissa bied direkte toegang tot die semi-privaat Perissa-strand wat net 'n paar minute se stap weg is. Santorini bied ook direkte toegang tot Thompsonsbaai se strand.

Daar is 5 swembaddens by Santorini. Die Perissa-swembad is 'n paar minute se stap van die woonstel af en daar is 'n swemarea vir kinders. Daar is voetslaanroetes in Santorini se tuine, asook 'n klein buitelug gimnasium en 'n dek vir walviskyk. 'n Gemeenskaplike tennisbaan, braai-area en speelgrond en klimraam is in die kompleks beskikbaar.

'n Toegewese beskutte parkeerplek is beskikbaar. Santorini bied 'n veilige omgewing waar jy weg van die huis af kan ontspan. Die kompleks het geslotekring-televisiekameras, streng toegangsbeheer en sekuriteitswagte wat die kompleks patrolleer.

Slaapplek

’n Bespreking by 69 Perissa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir 69 Perissa
Netheid
4.5/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Ocean-rylaan 101, By 69 Perissa Santorini, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 69 Perissa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 700
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 700
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 700
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 101, By 69 Perissa Santorini, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXx54luAhuwssvWLMkg9jkDs6qtOt1uhmLdGZpU7WfBnl3yzYJ7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 700  per nag (vir 6 persone) 6 5 1 5 101 Ocean Drive At 69 Perissa Santorini 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -29.52567743018 31.226192855324
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za