7 Ackermann Place Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

7 Ackermann Place Guest House is 'n moderne gastehuis wat sentraal geleë is in die pragtige historiese dorp Stellenbosch. Dit is loopafstand van die koffiewinkels, restaurante, galerye en museums af.

Verblyf is in stylvolle kamers beskikbaar wat elkeen met 'n en suite-badkamer en individuele sekuriteitstelsels ingerig is. Elke suite het 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel en 'n broodrooster, en dit beskik ook oor 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n lessenaar en 'n haardroër. Gaste het 'n gemeenskaplike kombuis wat met 'n gasstoof en 'n elektriese oond, yskas, wasmasjien, tuimeldroër en strykgeriewe toegerus is.

Die gastehuis bied gratis WiFi, 'n swembad, sondek, braaigeriewe, 'n gemeenskaplike sitkamer, bordspeletjies en veilige parkeerplek van die straat af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 7 Ackermann Place Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za