702 Canal Quays

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

702 Canal Quays is 'n selfsorgwoonstel met 'n oopplan-ontwerp wat stylvol gemeubileer is op die Canal Quays-kompleks se sewende verdieping. Dié kompleks is op die Roggebaaikanaal, tussen die V&A Waterfront en Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum, geleë.

Elke meubelstuk in dié eenheid dra by tot sy eklektiese en opwindende atmosfeer en ons linne is van hoë gehalte. Ons woonstel is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders. Daar is 'n koninggrootte-bed en 2 slaapbanke vir kinders. Die badkamer het 'n groot stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea het 'n platskerm-TV met satelliet-kanale en daar is 'n kluis. Dit bied toegang tot 'n ruim privaat balkon met 'n tafel en stoele en 'n ongelooflike uitsig oor Roggebaaikanaal, Seinheuwel, die Waterfront, hawe en Tafelbaai. Dis altyd interessant om die skeepsdokke gade te slaan wyl skepe en oliebote die hawe in- en uit vaar. Verder beskik 702 Canal Quays oor gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by 702 Canal Quays sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 702 Canal Quays gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]