Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

72 on Vyfer

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyferstraat 72, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 020 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

72 on Vyfer bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gesinsvakansiehuis in De Kelders naby Gansbaai. Die villa bied pragtige see-uitsigte wat dit moontlik maak om die walvisse sommer van die stoep of balkon af te gewaar. Die villa is gerieflik geleë en net 'n kort entjie se stap van die rotsagtige kus en die Klipgatgrotte af. Die voetslaanroete na Die Plaat Natuurreservaat is ook binne maklike bereik.

Die huis het oorgenoeg binne- en buitevermaakareas sodat vriende en familie lekker saam kan braai terwyl die kinders speel. Of gaste kan bloot net rus en ontspan langs die swembad.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die ruim hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n koninggrootte-bed, 'n gaskaggel en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer is op die eerste verdieping en het 2 enkelbeddens. Hierdie slaapkamer het toegang tot 'n aangrensende badkamer met 'n stort. Die derde en suite-slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n klein lessenaar wat ideaal is vir sakereisigers. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aangrensende badkamer met 'n stort.

Die huis het 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis op die boonste verdieping sowel as 'n eetarea en ruim sitarea met 'n gaskaggel. Die kombuis het pragtige afwerkings en toestelle en is toegerus met 'n elektriese oond, gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, konveksie-oond, ketel en broodrooster. Daar is 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser.

Op die grondverdieping is daar nog 'n sitarea met binnebraaigeriewe, 'n speletjiesarea met 'n pooltafel en tafeltennistafel, 'n kombuisie met 'n drankyskas en wasbak en nog 'n eetarea. Die wasmasjien, tuimeldroërs en skoonmaakmiddels is in 'n aparte waskamer.

Addisionele geriewe sluit 'n TV met die volledige DStv-pakket, WiFi en strandhanddoeke in. Die huis het ook 2 buitebraai-areas, een op elke verdieping, sowel as 'n ingeslote buite-eetarea met 'n uitsig oor die swembad en see.

Die perseel is volledig omhein en privaat en veilige parkeerplek is beskikbaar vir 4 voertuie.

Slaapplek

’n Bespreking by 72 on Vyfer sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir 72 on Vyfer
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Vyferstraat 72, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 72 on Vyfer het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 020
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R5 020
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyferstraat 72, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA590246437461f290cc71d7aeef78973edb8180a99d3f6e0dcbf7d3a28716e6efdbd653c93379fb1c5ec64451de2c2665590f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 020 per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 72 Vyfer Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.5529512 19.3691565