Umdloti Akkommodasie by Cascades Holiday Resort | LekkeSlaap
+50
+50

Cascades Holiday Resort

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 195 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bellamont-rylaan 17 , Cascades 75 , Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Cascades Holiday Resort is 'n selfsorgvakansiewoonstel wat volledig gemeubileer is en in die veilige Cascades-kompleks aan KwaZulu-Natal se Dolfynkus geleë is. Die woonstel kyk uit oor Umdloti-strand en as jy gelukkig is kan jy dalk 'n dolfyn of walvis vanaf die woonstel se balkon gewaar!

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging en see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n toilet.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolf, stoof, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea het 'n plafonwaaier en 'n groot TV met DStv, Netflix, Apple-TV en gratis hoëspoed, onbeperkte WiFi. Die leefarea lei na 'n balkon met gasbraaigeriewe, stoepmeubels en see-uitsigte.

Die Cascades-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en 'n klubhuis. Daar is oorgenoeg parkeerplek in die kompleks beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Cascades Holiday Resort sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 5 resensies vir Cascades Holiday Resort
Netheid
4.2/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Bellamont-rylaan 17 , Cascades 75 , Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Cascades Holiday Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 195
per nag (plek vir 4)

Sien meer verblyf in

Umdloti KwaZulu-Natal
Vanaf R1 195
per nag (plek vir 4)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 195
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bellamont-rylaan 17 , Cascades 75 , Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAC8b4j8tPGqWw3YPv2RcUP8KxxUrbXyBtAqZ2nInFnigxO8tNqN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 195  per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 17 Bellamont Drive 75 Cascades 4350 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -29.666293987001 31.119396686554
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za