Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

76 on Dolweni

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolweni-laan 76, Boskruin, Randburg, 2188, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

76 on Dolweni bied selfsorgverblyf in 'n stil doodloopstraat langs die Boskruin Natuurreservaat in Randburg. Dié spoggerige omgewing word beveilig deur sperbome en patrollies. Boskruin is lekker naby winkelsentrums, besigheidsparke, snelweë, die Lanseria-lughawe en die Gautrain-bushalte by Brightwater Commons.

76 on Dolweni beskik oor 2 eenhede genaamd die Amber Lodge-kothuis en die Jasmine Arch-kothuis. Die Amber Lodge-kothuis het slaapplek vir 2 gaste wat deel en beskik oor 1 oopplan-slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -leefarea en 'n -eetarea. Linne, breekware, eetgerei en 'n klein DStv-pakket is ingesluit. Amber Lodge het ook 'n privaat binnehof en uitsigte oor die tuin. Onderdak-parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en veilige parkeerplek word vir besoekers voorsien.

Jasmine Arch het slaapplek vir 2 gaste wat deel, op 'n koningingrootte-bed in die ekstra groot slaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus en die oopplan-leefarea en -eetarea is gemaklik gemeubileer en beskik oor volledige DStv en onbeperkte WiFi. Jasmine Arch bied uitsigte oor die swembad en tuin van die stoepie af. Gaste kan gerus die swembad en lapa gebruik. Onderdak-parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en velige parkeerplek word vir besoekers voorsien.

Die verblyf word deur sonkrag aangedryf.

Boskruin is net 5 km vanaf die Brightwater Commons, waar die bushalte vir die Gauteng-bus is. Dis 15 km vanaf die Lanseria-lughawe, 5 km vanaf die Northgate-winkelsentrum, 7 km vanaf die Cresta-winkelsentrum en net 10 km vanaf die Clearwater-winkelsentrum. Die Boskruin-gemeenskapsentrum is stapafstand en daar kan gaste gaan rolbal, tennis of brug speel en joga doen. Die Lifestyle Garden Centre met sy lekker eetplekke is net 2 km hiervandaan en jy kan daar lekker smul of die kwekery deurloer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 76 on Dolweni
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Dolweni-laan 76, Boskruin, Randburg, 2188, Gauteng
  • Gaste dink 76 on Dolweni het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolweni-laan 76, Boskruin, Randburg, 2188, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIwMWU5NmIzLTcwZmMtNDk1OC1hZGI3LTc4MWJlY2VkYzJmYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 76 Dolweni Avenue Boskruin 2188 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.088368907249 27.952555101852