LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 8 on Penguin | LekkeSlaap
+43

8 on Penguin

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Penguin Place 8, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

8 on Penguin bied die mooiste, ononderbroke uitsigte op Tafelberg en oor die see. Die Melkbos-ligte snags bied 'n perfekte omgewing vir skemerkelkies met 'n binnebraai wat 'n uitsig oor die see het. Die woonstel is net langs die strand in Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand, geleë. Dit het sy eie aparte ingang van 'n onderste motorhuis af.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede kamer het elk 2 driekwartbeddens en die badkamer het ’n stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer kan herstruktureer word om ’n dubbel- of koningingrootte-bed te bevat. Elke kamer het ingeboude kaste.

Die kombuis is toegerus met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware en eetgerei. Die sitkamer het 'n gemaklike sitstel vanwaar gaste die see-uitsig, of Netflix kan geniet.

Die woonstel het veilige parkeerplek onder en maklike toegang tot die woonstel via onderdakrtrappe. Bo is daar ’n balkon met sitplek. Daar is ook genoeg stoorplek onder indien gaste hul vlieërs, fietse of enige ander sporttoerusting wil stoor.

Die woonstel is net om die hoek van die strand af geleë wat gewild onder vlieërbranderryers en windbranderryers is. Jy kan die toestande van see van die woonstel af sien en of dit geskik is vir enige sport. Die woonstel het maklike toegang tot die see en daar is ook oorgenoeg plek om lang wandelinge langs die strand te neem.

Jy kan vroegoggend die resiesperde in die see sien oefen vanuit die sitarea. Asemrowende sonsondergange asook walvisse en dolfyne wat in die see baljaar, dra by tot ’n ontspannende atmosfeer.

Die woonstel is ideaal geleë vir gaste wat graag die Weskus Nasionale Park of die plaaslike natuurreservaat wil besoek. Daar is ook wynplase in die area waar gaste ’n heerlike middagete in die son kan geniet.

Die woonstel het ononderbroke uitsigte op Tafelberg, Bloubergheuwel en Robbeneiland in die agtergrond. Die woonstel is ideaal vir ’n wegbreek vir enige gesin of groep vriende. Dit bied ook ’n veilige basis vanwaar gaste Kaapstad se prag kan verken.

Slaapplek

’n Bespreking by 8 on Penguin sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 42 resensies vir 8 on Penguin
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Penguin Place 8, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink 8 on Penguin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Penguin Place 8, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzc9WsNJwnRnrDkrFTEh8dFn519UMWn4H52ZVWhEIXfN7WCHOrN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (vir 4 persone) 42 5 1 5 8 Penguin Place Van Riebeeckstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 11:00 -33.707153795815 18.443827376075
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!