82 De Bakke Terrace

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

82 De Bakke Terrace is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in Mosselbaai, 'n hawedorp op die bekende Tuinroete. Die kompleks is oorkant die De Bakke-strand geleë en is stapafstand van Santos-strand af.

Dié volledig toegeruste woonstel is op die grondvloer en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Daar is 2 slaapbanke in die sitkamerarea. Die woonstel het 2 badkamers en 'n gaste-toilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf en 'n ontbytkroeg met 5 stoele in. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar. Die oopplan-sitkamer het 'n platskerm-TV en volle keuse van DStv-kanale. Die eetarea is op die ingeslote veranda wat na die patio lei. Dis die ideale plek vir 'n braai.

Die woonstel is na aan die dorp en spog met beeldskone uitsigte oor die strand en die berg.

Slaapplek

'n Bespreking by 82 De Bakke Terrace sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 82 De Bakke Terrace gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 R1 170 per nag (vir 6 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]