9b Loader Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

9b Loader Street is 'n stylvolle woonstel in 'n hipermodieuse area, De Waterkant. Die woonstel het 2 slaapkamers en is binne stapafstand vanaf talle restaurante, kroeë en kafees. Dis 'n selfsorgwoonstel met 'n uitsig oor Dixonstraat, en het 'n oopplan-leefarea en 'n borrelbad.

Die woonstel het 2 en suite-slaapkamers. Albei kamers het hoë plafonne en lugversorging. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n vrystaande bad, vollengte spieël en glas kaste wat die aparte badkamer met 'n stort versteek. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrotte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n stort. Dié kamer lei na 'n privaat klipmuur-binnehof met sitplek.

Die ruim eerste verdieping het eikevloere, Juliet-balkonvensters aan 3 kante, 'n uitsig oor die dorp, en 'n houtpaneel-binnehof. Daar is 'n opgehewe kroeg-toonbank met 'n hout etenstafel daaraan geheg. Die tafel skei die ten volle toegeruste kombuis en die sitkamer. Die sitkamer het 'n L-vormige rusbank en houtkaggel.

Die wit metaaltrappe en 'n dakvenster wat oop skuif lei na die houtdek op die dak. Die dek het sitplek, 'n braai, wasbak, yskassie, vlekvryestaal-borrelbad, en 'n pragtige uitsig op Tafelberg.

Slaapplek

'n Bespreking by 9b Loader Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9b Loader Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 350 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za