Linden Akkommodasie by 9th Street | LekkeSlaap
+38

9th Street

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R420 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9d Straat 107, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

9th Street is in Linden sowat 8 km vanaf Rosebank se Gautreinstasie. Verblyf word gebied in ‘n gerieflike kamer apart van die hoofhuis, asook in 2 aparte ruimtes in die skuur, wat in die agtertuin geleë is. Die gashere woon in die hoofhuis en sal gaste bystaan.

Die ruim privaat kamer het ‘n dubbelbed, 2 gemakstoele, en ‘n badkamer met ‘n bad en stort. Die kamer het ook ‘n lessenaar of etenstafel, yskassie, mikrogolf, tweeplaatstoof, ketel, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het ook toegang tot ‘n wasmasjien, tuimeldroër en wasgoedlyn.

Die privaat groot spasie in die skuur is in die agtertuin en die skuur se voorste area bied ‘n selfsorgarea met ‘n dubbelbed, rusbank, enkelbed op versoek en ‘n aparte badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met ‘n mikrogolf, tweeplaatstoof, oond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en ‘n tafel met stoele. Daar is ook ‘n wasmasjien.

Die ander skuurkamer het ‘n koningingrootte-bed, slaapbank en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea bied ‘n kombuisie met ‘n tafel en stoele. Gaste het ook toegang tot ‘n wasmasjien, tuimeldroër en wasgoedlyn.

Daar is ‘n gemeenskaplike swembad wat omhein is, veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit op die perseel. Hoenders en ‘n kalkoen wat gered is woon op die perseel, asook honde, katte, 3 African Grey-papegaaie en goudvisse.

Besoekers is welkom, mits dit met die gashere gereël word. Dis ook naby kruidenierswinkels, restaurante en bus- en taxi-haltes. Ander honde kom woon ook dikwels op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir 9th Street
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 9d Straat 107, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Gaste dink 9th Street het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R420
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R420
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R420
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9d Straat 107, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAwYmJiZmMyLWViOTItNGEwMi04OGZkLWQyZTNmZTEzYzY1MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R420  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 107 9th Street Linden 2195 Gauteng 086 999 0018 11:00-19:00 10:00 -26.13569143828 28.00112811898
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za