A Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Farmhouse is 'n selfsorgkothuis in die prentjiemooi Onrus in die buitewyke van Hermanus. Die kothuis is aan die eienaar se huis gekoppel, maar dit bied baie gerieflike en stil wegbreekplekkie met uitsigte oor die berge en see-horison.

Die kothuis bied styl en gemak met 'n ruim leefarea, 2 slaapkamers, 1 volledige badkamer en 'n volledig toegeruste oopplan-kombuisie. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het linne en badhanddoeke van hoë kwaliteit. Die leefarea het oorgenoeg sitplek, satelliet-TV en 'n binnebraai. Daar is ook veilige parkeerplek en WiFi. Die leefarea lei na die balkon waar gaste die pragtige somer-sonsondergange kan beleef.

A Farmhouse is buite die dorp se rep en roer, maar wel naby genoeg aan al die besienswaardighede. Onrus-strand is slegs 3 minute se ry van ons af en so ook die bekende walvisse wat graag in Walkerbaai kom kuier van Julie tot November.

Slaapplek

'n Bespreking by A Farmhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 320 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za