A Heavenly View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Heavenly View bied selfsorg-akkommodasie in 3 lieflike woonstelle: A Heavenly View 1, 2 en 3. Die woonstelle is net 5 minute se stap van die strand af. Daar is 'n wonderlike versameling byderwetse restaurante en kroeë met billike pryse wat 'n trekpleister is vir kliënte van die wêreld oor. Verder is daar 'n poskantoor, drankwinkels en 'n supermark met 'n groot verskeidenheid ware wat binne stapafstand van die woonstelle af is. Daar is ook verskeie klein kafees, kroeë en bakkerye binne stapafstand. Boonop is dit die beste branderplankryplek in die stad met 'n hele rits branderplankrywinkels.

Alles word voorsien om 'n gerieflike en ontspanne selfsorgvakansie te verseker. Buite kan jy op die dek ontspan met ongelooflike uitsigte oor die oseaan, die tropiese tuin met palmbome om jou, 'n swembad, 4 sonstoele met kussings, 'n klein tafel en 'n groot tafel met 6 stoele wat ideaal is vir al fresco-etes as die weer mooi is.

Daar is ook braaigeriewe. Dit is nét die plek vir 'n skemerkelkie terwyl jy die pragtige uitsigte geniet. Die buite-area maak deel uit van die omheinde tuin met 'n terras en 'n dek. Dis baie veilig met 'n sekuriteitswag reg voor die huis van 18:00 tot 06:00 elke dag. A Heavenly View is ook reg langs die polisiestasie en landdroshof met 'n sekuriteitswag geleë.

A Heavenly View is baie sentraal geleë as jy besienswaardighede wil besoek. Jou gasheer praat vlot Engels, Frans en Duits en sal jou bystaan met aanbevelings en wenke. Die woonstelle word ten minste 2 maal 'n week skoongemaak. Kinders is almal welkom.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Heavenly View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za