A Nutty Lane Self-catering Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Nutty Lane bied 3 selfsorgkothuise wat gerieflik 2 minute vanaf Howick, 1 km van die N3, geleë is. Die kothuise is aan die oewers van die skilderagtige dam geleë, omring deur die natuur, voëls, perde en selfs 3 "potbelly"-varke.

Die kothuise, naamlik Pecan, Brazil en Macadamia Nut, het elk slaapplek vir tussen 4 en 6 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 1 en 'n halwe badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -sitarea wat oopmaak na die veranda wat oor die dam uitkyk. In elke kothuis het die hoofslaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kamer lei na die veranda. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Die leefkamer het 2 enkelslaapbanke. Ingeboude braaigeriewe is beskikbaar op die veranda.

A Nutty Lane is 'n lekker plek om te ontspan en die rus en vrede van die omliggende omgewing te geniet. Bestee die hele dag langs die dam terwyl jy baarsvang, of besoek die bekende Midlands Meander of Howick-valle. Meer energieke gaste kan verskeie nabygeleë bergfiets-, stap- en perdryroetes aanpak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Nutty Lane Self-catering Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za