Houtbaai Akkommodasie by A Squirrels Nest | LekkeSlaap
+11

A Squirrels Nest

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timberlost-laan 3, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 900 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

A Squirrels Nest is 'n vrystaande woonstel op die eienaar se perseel in 'n vallei met 'n pragtige uitsig op Tafelberg se rugkant, Eagles Nest en die Twaalf Apostels wat beteken die verblyf is ook naby Constantia se wynlandgoedere en Houtbaai se besienswaardighede.

Hierdie selfsorgsuite het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaaparea is in die solder en het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens wat geskik is vir klein kinders. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. 'n Ekstra matras kan op versoek vir 'n ekstra kind voorsien word.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is sitplek vir 4 gaste in die eetarea en die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel.

Die eenheid bied toegang tot 'n pragtige tuin en swembad. A Squirrels Nest is net 20 minute van Kaapstad 8 minute van Houtbaai se strand af.

Slaapplek

’n Bespreking by A Squirrels Nest sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 5 persone
1 xDubbelbed
1 xKindermatras vir 1
2 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 2 resensies vir A Squirrels Nest
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Timberlost-laan 3, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 900
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 900
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timberlost-laan 3, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlmOGI3N2EwLWFjNGYtNGE5Ni05OWM0LTYzY2FlMDY1MzE4Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 900  per nag (vir 4 persone) 2 5 1 5 3 Timberlost Lane Hout Bay 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -34.01083 18.38616
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za