A Tuscan Villa Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Tuscan Villa Guest House is in Vishoek geleë, een van Kaapstad se gewildste voorstede. Die villa bied luukse en ruim verblyf waar gaste kan terugsit en ontspan. Dit is net 500 m van 'n veilige gesinstrand af en daar is lekker wandelpaaie in die Tafelberg Nasionale Park.

Verblyf bestaan uit 6 kamers, waarvan 1 rolstoelvriendelik is. Kamergeriewe sluit 'n TV met volledige DStv, verwarmer, waaier, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Die pragtige trappe in die ruim gang bied toegang tot die slaapkamers. Die gastesitkamer is pragtig gemeubileer en het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kaggel en 'n biblioteek. Hierdie Italiaanse styl villa bied lieflike uitsigte oor die berg en is in 'n stil deel van Vishoek geleë.

Die lapa het braaigeriewe en 'n pizza-oond en bied hope plek om te kuier en ontspan. Die lapa kyk uit oor die verhitte swembad, waar daar lekker sonstoele is vir sonbaai.

A Tuscan Villa bied die ideale plek vanwaar jy jou besoek aan die Kaap terdeë kan geniet. Hier kan jy die regte Kaap verken, eerder as net die toeristeplekke. Dit is 35 minute se ry na die Kaapste middestad en 30 minute se ry na Kaappunt. Ons is ideaal geleë vir sakereisigers, net 10 minute van Westlake, Steenberg en Capricorn se besigheidsparke af en 5 minute van Simonstad se vlootbasis af. Indien gaste die Kaapse middestad moet besoek, kan hulle gerus oor die lieflike Chapman’s Peak ry.

Vir meeste mense wat Kaapstad besoek is hul tyd maar kort. Dit is belangrik om die regte plek te kies vanwaar jy hierdie wonderlike deel van Afrika kan verken!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Tuscan Villa Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 190 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false