+13

A04 Dolphin Beach

Selfsorg
  • Kapasiteit: 0 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Marine Dr and Dolphin Beach, Table View, Cape Town, 7439, Wes-Kaap
  • POA

Beskrywing

A04 Dolphin Beach is 'n pragtige, moderne woonstel met 'n besonderse uitsig op Tafelberg.

Verblyf word in 2 slaapkamers aangebied wat elk 'n koninggrootte-bed het en onderskeidelik direkte toegang tot 'n balkon en stoep bied. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet en die tweede, gastetoilet het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n ook 'n eiland met stoeltjies waar gaste hul maaltye kan geniet. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is in 'n aparte waskamer beskikbaar. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n eetarea, en 'n lessenaar met gratis WiFi.

Die balkon het gemaklike buitmeubels en 'n praguitsig oor die see en op die berg. Hier kan gaste die dag rustig afsluit en die omgewing bewonder.

Die perseel het veilige parkeerplek, 'n gemeenskaplike swembad en word beveilig met geslotekringtelevisie.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

3.2/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
2.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Beach House Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 93

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 1 Marine Dr and Dolphin Beach, Table View, Cape Town, 7439, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
POA
POA
  • Kapasiteit: 0 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Marine Dr and Dolphin Beach, Table View, Cape Town, 7439, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5b658c624fccb6a11f7721b84243a23030be4087c3ed21fc6d85ce65ba1717d451ab7449bfeaa2b8b597903141c5a94273bd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
POA
1 5 1 4 1 Marine Dr and Dolphin Beach Table View 7439 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.829718812384 18.481631495106

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang