aanbod Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2020 tot 31 Aug 2020.
Vleesbaai Akkommodasie by AAA Vleesbaai | LekkeSlaap
+17
+17

AAA Vleesbaai

2 resensies
Selfsorg
  • Winteraanbod - Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6.
  • Vanaf R950 R814 per nag (plek vir 3)
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kershoutstraat 20, Vleesbaai, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Vleesbaai is 'n pragtige kusdorpie aan die Kaapse Suidkus in die Eden-distrik. Daar is 'n huis en 'n aparte woonstel wat gehuur kan word. AAA Vleesbaai bied slaapplek vir tot 10 gaste.

Die huis het 3 slaapkamers, 1 badkamer met 'n hoekbad en 1 badkamer met 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die kombuis is goed toegerus met 'n groot stoof, yskas-vrieskas, 'n groot stoof, mikrogolf, ketel en 'n koffiemasjien. Daar is 2 leefareas, een met 'n stikamerstel wat sitplek vir 6 het, en een met 'n ingeboude braaiplek, 'n Dover-houtstoof vir wintersaande en 'n groot, soliede rottangstel met sitplek vir 6. Die stapelvoordeure kan oopgemaak word sodat gaste die wonderlike see-uitsig behoorlik kan geniet. Die huis het ook 'n ruim dek met houtbank wat sitplek vir 6 bied waar jy sonnige dae kan geniet of saans skemerkelkies kan drink. Die huis het 'n TV met DStv.

Die woonstel het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is 'n enkelbed in die oopplan-leefarea wat perfek vir kind is. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n vierplaatstoof en -oond, 'n vrieskas-yskas, ketel, koffiemasjien en genoeg breekware en eetgerei vir 4 mense. Let asb. op dat daar geen TV in die woonstel is nie.

Vleesbaai is 33 km vanaf Mosselbaai en sowat 4 ure se ry van Kaapstad en Port Elizabeth af. Die naaste lughawe is in George wat net 70 km van Vleesbaai af is. Knysna is 133 km en Oudtshoorn is 114 km vanaf AAA Vleesbaai.

Daar is wonderlike staproetes in Vleesbaai. The Dune 4x4-roete, een van ons land se vooraanstaande 4x4-roetes is ook in hierdie omgewing. Gaste kan ook lekker in die see swem, hulle saans aan die sterreprag verkyk, visvang of net die rustige omgewing indrink.

As jy eers een keer in Vleesbaai gekuier het, sal jy altyd terugkeer!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir AAA Vleesbaai
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Kershoutstraat 20, Vleesbaai, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Gaste dink AAA Vleesbaai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R950
Vanaf R814
per nag (plek vir 3)
was R950
Vanaf R814
per nag (plek vir 3)
was R950
Vanaf R814
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kershoutstraat 20, Vleesbaai, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBhZDI1NzZkLTgxOWUtNDMzZS05MDE2LWM2MjgxMzcxYmExYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R950, nou Vanaf R814  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 20 Kershout Street Vleesbaai 6504 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.29303269993 21.914086211542
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za