Aan d'Oewer B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aan d'Oewer is 'n drie-ster-B&B, geleë op die rand van die dorp in 'n lieflike tuin. Dit kyk uit oor die gholfbaan met die pragtige Piekenierskloofberge as agtergrond.

Aan d'Oewer is die ideale tuiste-weg-van-die-huis vir die besoeker aan Citrusdal. Of jy hier is op besigheid of die Cederberge of Weskus wil verken vanaf ons instansie, ons bied rustigheid, bederfde gerief en 'n heerlike ontbyt.

Aan d' Oewer het drie lugversorgde gasteslaapkamers - Die Iceberg Suite is 'n ruim kamer met twee enkelbeddens, en suite badkamer (stort en toilet) asook privaat stoep wat oor die tuin uitkyk. Die Plumbago Suite is 'n luukse kleiner kamer met 'n driekwartbed asook en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die Aloe Suite is 'n ruim kamer met 'n dubbelbed en suite badkamer ( stort en aparte toilet).

Elke kamer het 'n privaat ingang en gaste word genooi om te ontspan by die swembad in die pragtige, beskutte tuin waar jy die pragtige berguitsigte en die ryk voëllewe kan geniet.

Ontbyt is ingesluit en gaste het 'n keuse tussen 'n Kontinentale- of Engelse-ontbyt. Ontbyt word bedien in die eetkamer of op die swembad-patio.

Daar is restaurante in en om Citrusdal vir middagete en aandetes. Aangesien Aan d'Oewer slegs 'n B&B is, is daar geen braai- of kookgeriewe, soos braai of geriewe om self kos te maak nie.
Piekniekmandjies kan vooraf bespreek word om saam met jou op jou daguitstappies te neem!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aan D'Oewer B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 per nag (vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false