Prins Albert Akkommodasie by Aandrus | LekkeSlaap
+20
+20

Aandrus

  • Vanaf R3 000 per nag (vir 12 persone)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Deurdrif- en Klipstraat, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aandrus is 'n plaasstyl-huis in die Karoo met 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n eet- en TV-kamer en lieflike braaigeriewe. Drie van die kamers is toegerus met lugversorging en die ander met waaiers. Twee van die lugversorgde kamers het een dubbelbed en een enkelbed. Die ander kamers het elk 3 enkelbeddens in.

Die grootste bonus is dat u nie die huis met ander persone hoef te deel nie. U gerief en privaatheid is vir ons baie belangrik en daarom kry u dus nie net 'n kamer nie - die hele huis se geriewe is net vir u en u vriende/familie.

Die huis is op 'n kleinhoewe geleë en spog met lieflike uitsigte en 'n bekoorlike ou klipdam met koi- en goudvisse. Die huis is stapafstand van al die besienswaardighede in die dorp af, insluitend winkels, restaurante en koffiewinkels. Met stapafstand bedoel ons dat jy binne 400 meter van meer as 5 eetplekke/koffiewinkels en verskeie snuffelwinkels is. Veiligheid en rustigheid is 'n gegewe. Onthou, op Prins Albert beteken veiligheid nie slotte en alarms, vuurwapens en waghonde nie. Kom skakel af hier by ons en vergeet van die gejaagde lewe en die stad vol misdaad en stres.

Vra ons gerus vir afslag op koffie/etes by die Lazy Lizzard en die afslag op die huur van fietse wat ons gaste kan geniet.

Ons is die ideale basis vanwaar jy Prins Albert en die nabye omgewing kan verken. Die Swartbergpas, Gamkaskloof (die Hel), Meiringspoort, die Kango-grotte en heelwat ander plekke kan op daguitstappies besoek word. Kom proe gerus ons plaaslike produkte en heerlike pannekoeke by die Saterdagmarkie, koop vars melk by die suiwelboerdery en geniet van die bekroonde kase by Gay's Dairy.

Ons is baie trots op ons dorp en sy inwoners. Lees gerus die Prince Albert Vriend - die plaaslike koerant - en raak bewus van alles wat in ons dorp gebeur en al die projekte wat hier aangepak word om ons dorp en sy mense die prinsdorp te maak wat dit is. My mond hang gereeld oop as ek lees van al die puik nuwe idees, planne en vindingrykheid waarmee die mense hier vorendag kom.

Ondersteun ook gerus ons klein besighede soos die Lekkerbek Kafee onder in die dorp - skuins oorkant die Hardeware winkel. Die eienaar van die winkel is 'n toonbeeld van ons mense se deursettingsvermoë. Piet Cordier het as blinde, jong seun in 'n treinongeluk albei sy bene verloor. Hy laat hom nie onderkry nie en slaan self die 'till' al is hy heeltemal blind. Jy sal hom soggens heeltemal sonder hulp in sy rolstoel sien ry in die straat af na sy winkel. Piet is 'n voorbeeld vir almal en verdien beslis ons ondersteuning.

Verder kan jy ook sterrekyk saam met Astro Tours, vertonings by die Showroom bywoon, olyfplase besoek en gaan kyk wat als by Bergwater Kelders gebeur.

Slaapplek

’n Bespreking by Aandrus sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 58 resensies vir Aandrus
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Hoek van Deurdrif- en Klipstraat, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aandrus het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R3 000
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R3 000
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Deurdrif- en Klipstraat, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArb4hHd7ROQJG29FMrhXtbQxjTlhQtuRzB7g1XNcP8iDCLZo3Q3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (vir 12 persone) 58 5 1 5 Cnr Deurdrif and Klipstreet Prince Albert 6930 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.223869 22.027378
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za