Pretoria SSB Akkommodasie by Aanmani Rose Guest House | LekkeSlaap
+57
+57

Aanmani Rose Guest House

Gastehuis
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nicolsonstraat 55, Brooklyn , Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aanmani Rose Gastehuis is in die pragtige, booryke voorstad, Brooklyn, in Pretoria geleë. Die gastehuis is naby Pretoria se middestad, die meeste internasionale ambassades, Loftus Stadion, Universiteit van Pretoria, UNISA en Brooklyn Winkelsentrum geleë. Aanmani Rose bied rustige en unieke verblyf.

Verblyf word in 21 slaapkamers aangebied. Daar is 5 presidensiële suites, 9 selfsorg-eenhede en 7 standaardkamers. Elke kamer het lugversorging, 'n plasma-TV met DStv-kanale, 'n yskassie met verversings, en 'n koningingrootte-bed met die beste linne om 'n gemaklike en rustige nagrus te verseker. Die Deluxe-kamers het koninggrootte-hemelbeddens en kombuise.

Die eksklusiewe konferensiekamers is met die nuutste tegnologie en lugversorging toegerus. 'n Groep van 18 afgevaardigdes kan in die konferensiekamers geakkommodeer word. Vakansiegangers kan gerus in die swembad afkoel.

Aanmani Rose is 30 minute se ry van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe af en 2 ure se ry van Sun City af. Pretoria het 'n hele rits besienswaardighede, soos die geskiedkundige Uniegebou, die Voortrekker Monument en ander museums. Die prentjiemooi Hartbeespoortdam bied vlooimarkte, lugballonvlugte en 'n slang- en voëlpark wat net 30 minute se ry van die gastehuis af is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Nicolsonstraat 55, Brooklyn , Pretoria, 0181, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nicolsonstraat 55, Brooklyn , Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUwODk3ZTRmLWE3ZDQtNDhiMy1hYzQwLWE0ZTRhYjU0YTgwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 2) 55 Nicolson Street Brooklyn 0181 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.766427777778 28.227575
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za