Abalone Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abalone Cottage is in De Kelders en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer me t'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 'n koninggrootte-bed en die derde kamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het ook 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die koninggrootte-beddens kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Die eetarea het heelwat sitplek. Daar is ook komplimentêre WiFi.

Binne- én buitebraaigeriewe is beskikbaar.

Die kothuis word daagliks skoongemaak en is by die tarief ingesluit.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste in die kothuis het toegang tot die Roundhouse Jacuzzi sowel as ontbyt as 'n opsionele ekstra. Die kothuis is naby 'n plaaslike bakkery, Stanford's Cove Beach, voetslaanroetes, fantastiese restaurante, haaihokduik en walviskykbootritte.

Slaapplek

'n Bespreking by Abalone Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abalone Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false