Kliprug Akkommodasie by Abalone Pool Villas | LekkeSlaap
+24
+24

Abalone Pool Villas

Selfsorg
  • Vanaf R2 140 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van St. Augustine-weg en Sampson-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Die Pool Villas weerspieël die luuksheid van die Abalone House and Spa-boetiek en bied dié beste selfsorgverblyf op die dorp. Die butler bedien 'n volledige Engelse of Kontinentale ontbyt in die villa. Ontbyt kan ook by die restaurant by Abalone House geniet word. Xavier se dienste is ook beskikbaar vir laatmiddag drankies en peuselhappies teen 'n addisionele koste. Aandete is op versoek, ook teen 'n addisionele koste beskikbaar.

Die 2 Pool Villas is feitlik identies en elk het slaapplek vir 2 paartjies of 'n gesin van 4. Die slaapkamers is ruim en elkeen het 'n koninggrootte-bed met linne en 'n en suite-badkamer. Albei slaapkamers lei na 'n stoep en swembad. Een van die kamers het ook 'n privaat balkon met 'n 180º-see-uitsig, maar waar ook al jy in die villas is, is daar 'n uitsig oor die see.

Die leefarea is ruim en pragtig ingerig met gemaklike rusbanke en die vloer is met Persiese matte bedek. Groot, kleurvolle Tretchikoff-afdrukke voeg styl by die mure. Elke kamer het 'n koffiemasjien en daar is gratis WiFi.

Vir die winter is daar 'n kaggel, 'n Slim-TV en Netflix wat lekker met 'n glasie sjerrie geniet kan word. Gedurende die somer kan groot glasstapeldeure kan heeltemal oopvou, sodat mens vanaf die huis na die stoep kan beweeg en toegang het tot die swembad en braai-area. Daar is ook 'n buitestort om seesand af te spoel voordat jy in die swembad spring.

'n Verskeidenheid restaurante is binne loopafstand van die Villas. Die villa se kombuis is ten volle toegrus en het selfs 'n skottelgoedwasser.

Beide villa's word op versoek elke oggend skoongemaak om hulle pragtoestand te behou en in die aand word die villa aan die kant gemaak. Daar is buigsaamheid rondom die dienste.

Albei eenhede het parkeerplek, 'n nagwag en waghond vir ekstra gemoedsrus en veiligheid.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Op die hoek van St. Augustine-weg en Sampson-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 140
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 140
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 140
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van St. Augustine-weg en Sampson-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAB4FDHOOhcFJ4y4KUnLgK3YNh2TyLT0axrVjMq2zgeDgKy2GMGu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 140  per nag (plek vir 2) Corner of St Augustine Road and Sampson Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.808853 17.887447
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za