Abba Game Lodge And Camping Site

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abba Game Lodge is in die Waterberge, net 17 km noord van Modimolle, Nylstroom af geleë. Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in pragtig ingerigte grasdak-chalets. Daar is ook karavaan- en kampeerstaanplekke. Die lodge en kampterrein word via 'n 11 km grondpad bereik.

Die lodge is al 'n geruime tydjie gevestig in hierdie rustige omgewing. Al die selfsorg-eenhede is volledig toegerus vir selfsorg met yskaste, mikrogolfoonde, stowe, oonde, eetgerei en breekware. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring. Die karavaan-staanplekke bied toegang tot 'n grasdak-lapa, braaigeriewe, elektrisiteit en 'n gemeenskaplike ablusieblok.

Geriewe by die lodge sluit die volgende in: 'n dam om jou hengel-vernuf te beproef, 'n konferensielokaal, 'n oord-winkel, 'n kroeg, 'n restaurant, 'n wildplaas, 2 swembaddens (1 is verhit), 'n staproete en wildritte. Daar is 24 uur-sekuriteit by die ingangshek so gaste kan op hul gemak rondwandel. Die lodge is ongeveer 11 km vanaf die hoof-teerpad, so daar is geen verbygaande verkeer om die rus en vrede te versteur nie.

Gaste kan 'n hele rits doendinge by die lodge geniet soos: watersport, visvang, vlugbal, wildritte, pooltafels, putt-putt en buitemuurse skaak. Ons hou ook elke Saterdag 'n bring-en-braai, so ongelukkig is die restaurant nie Saterdagaande oop nie. Braaipakke is beskikbaar in die winkel indien gaste ons bosveldbraai wil bywoon.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abba Game Lodge And Camping Site gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za