Stilbaai-Wes Akkommodasie by Abbahuis | LekkeSlaap
+33

Abbahuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen-laan 28, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 905 per nag (vir 9 persone)

Beskrywing

Abbahuis is 'n selfsorghuis wat verblyf aan 9 gaste bied in Stilbaai-Wes en is slegs 150 m vanaf die strand.

Dié dubbelverdieping huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers waarvan 2 en suite-badkamers is. Een van die kamers het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, asook 'n enkelbed. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Daar is ook 'n koue buitestort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe. Die waskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.

Daar is 2 leefareas. Die leefarea op die boonste vloer het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Dié leefarea lei na 'n stoep met gedeeltelike uitsigte oor die see en die rivier. Die leefarea op die onderste vloer lei na 'n onderdak stoep en braai-area. Parkeerplek is ook beskikbaar.

Stilbaai bied verskeie trekpleisters en doendinge, soos voëlkyk, voetslaan in die natuurreservate, die Inverroche-distilleerdery en die palings kan by die Stilbaai toerismeburo gevoer word.

Slaapplek

’n Bespreking by Abbahuis sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Perlemoen-laan 28, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 905
per nag (vir 9 persone)
Vanaf R2 905
per nag (vir 9 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen-laan 28, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASdOl8MfhaNaiWdEDazUOdNV5Xu0PjvfO5ne1z0LmiXfSTplUQL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 905  per nag (vir 9 persone) 28 Perlemoen Avenue Stilbaai West 6674 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -34.379287956926 21.421017874049
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za