Abbiamo Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abbiamo Guest House bied bekoorlike en stylvolle verblyf. Ons is in Keidebees, 'n luukse woonbuurt in Upington, geleë. Abbiamo Guest House is werklik 'n droom wat waar geword het. Met ons hartlike ontvangs en gasvryheid bied ons graag 'n oase in hierdie warm klimaat.

Ons gastehuis is opgemaak met stylvolle, moderne en gerieflike dekor om ons gaste so tuis te laat voel soos by hulle eie huis. Ons bied 4 kamers met en suite-badkamers met 'n groot stort en handdoeke. Al die kamers beskik oor 'n privaat ingang. Al die kamers is toegerus met die nodige geriewe om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak, insluitend lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, komplimentêre koekies, yskassies en TV's met geselekteerde DStv-kanale. Jy kan uitsigte op die tuin geniet vanuit sommige kamers en elke kamer het 'n klein agterplaas. Verder is daar ook braaiplek vir die gaste en strykgeriewe.

Kom ontspan in ons pragtige, ruim kamers. Koel af en herlaai jou batterye, of dit nou vir 'n vinnige oornag is of om 'n hele paar dae by ons deur te bring. Ons streef daarna om ons gaste gelukkig te maak en om elke liewe nag se verblyf onvergeetlik te maak.

Eet lekker by die restaurante, of besoek selfs die casino. Ons is ook naby aan die Oranjerivier geleë.

Ons voorsien veilige parkeerplek op die perseel vir ons gaste. Die gastehuis is net 'n entjie se ry van verskeie winkels, restaurante en vermaak af. Hoekom kom bly jy nie by Abbamio Guest House nie? Hier kan jy al die doendinge in Keidebees verken en die uitspattige lewe leef!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abbiamo Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false