15% af Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 1 Feb 2020 tot 31 Des 2020.
Pretoria SSB Akkommodasie by Absolute Farenden | LekkeSlaap
+52
+52

Absolute Farenden

  • Naweekaanbod - Kry 15% af
  • Vanaf R1 100 R935 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Absolute Farenden, in die hartjie van Hatfield in Pretoria, is 'n nuwe woonstel-hotel wat die toppunt van klas en verfyndheid verteenwoordig.

Dis ideaal geleë vir sakereisigers, naby ambassades en Pretoria se middestad waar meeste regeringsdepartemente, insluitend die nuwe Internasionale Sakegebou, geleë is. Die hotel is ook naby sportgeriewe, soos die High Performance-sentrum verbonde aan die Universiteit van Pretoria en Loftus Versfeld. Besienswaardighede naby ons sluit die Uniegebou, die Botaniese Tuin, Paul Kruger-plein en die Voortrekkermonument in.

Daar is 40 eenhede wat ruim en gerieflik ontwerp is om 'n warm atmosfeer te skep. Die idee met die ontwerp was om weg te beweeg van die konvensionele hotelkamer, sodat gaste hul eie maaltye in die volledig toegeruste kombuise kan voorberei. Elke eenheid het lugversorging, sekere DStv-kanale en WiFi. Die perseel bied 24 uur-sekuriteit en gratis parkeerplek.

Daar is winkelsentrums, banke en verskeie restaurante in die omgewing en ons sal jou help om 'n deftige restaurant of wegneemeetplek te kies. 'n Kontinentale ontbyt is nie by die daaglikse tarief ingesluit nie en kan op versoek in jou kamer bedien word.

Ons wil verseker dat jou verblyf by Absolute Farenden 'n ervaring is wat jy met kollegas en vriende sal deel en dat jy sommer gou weer by ons sal aanklop.

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 17 resensies vir Absolute Farenden
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Gaste dink Absolute Farenden het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 100
Vanaf R935
per nag (plek vir 2)
was R1 100
Vanaf R935
per nag (plek vir 2)
was R1 100
Vanaf R935
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYnDrP0yN8zJusPdEApHsFYUqehGyiaBsjOQZLVrEvg7zzizmmY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 100, nou Vanaf R935  per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 396 Farenden Street Arcadia 0028 Gauteng 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -25.749485 28.2205
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za