Acasia Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Acasia Guest Lodge is in 'n stil woonbuurt in Komatipoort geleë. Komatipoort lê by die sameloop van die Krokodil- en Komatirivier. Kom ontspan in 'n pragtige grasdak-kamer wat skuil in 'n vreedsame tuin.

Komatipoort is naby die Krugerwildtuin, op die pad na Mosambiek en Swaziland, en hier is heelwat doendinge in die omgewing. Die puik akkommodasie en die pragtige natuur maak van dié lodge 'n onvergeetlike ervaring.

'n Engelse ontbyt word soggens in die hoof-lodge se eetkamer bedien. Ontbytpakkies is beskikbaar vir doutrappers - onthou asseblief om dit die aand voor die tyd te versoek. Driegang-etes is beskikbaar en drankies kan geniet word by die kampvuur. Ons gaste maak gewoonlik vriende by die vuur of hulle sit net en luister na die natuur se musiek uit die nabygeleë wildtuin. Roosters en basiese eetgerei en breekware is beskikbaar vir gaste wat self wil braai.

Hier by Acasia Guest Lodge is ons deeglik bewus van die feit dat privaatheid belangrik is vir ons gaste. Ons het ons verblyf spesifiek ingerig met dit in gedagte.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Acasia Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]