Accommodation Nachelle

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Accommodation Nachelle is sentraal geleë in Tygerdal/Goodwood in die Noordelike Voorstede. Ons het 3 eenhede en elke eenheid het slaapplek vir 2 of 6 mense.

Al ons eenhede is toegerus met dubbelbeddens of enkelbeddens en privaat badkamers met baddens, storte of albei. Elke kamer is toegerus met waaiers en verwarmers en daar is verhitte handdoekrelings in die badkamers. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Elke eenheid het 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstofie, eetgerei en breekware. TV's met DVD-spelers en plaaslike kanale word voorsien.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die privaat vierkant met braaigeriewe. Veilige privaat parkeerplek is beskikbaar en al die eenhede het privaat ingange.

Motorhuur en 'n pendeldiens na die lughawe is beskikbaar op versoek. Accommodation Nachelle is naby verskeie winkelsentrums. Restaurante is slegs 500 m weg en Grand West Casino is net 3 km van hier af. Panorama Hospitaal en N1 Stad Netcare Hospitaal is net 500 m van hier af. Kaapstad bied verskeie besienswaardighede en doendinge vir die hele gesin. Die see en strand is binne 'n radius van 10 km en die Durbanville-wynroete is minder as 7 km van hier af. Vir bergfiets en gholfspelers is die ligging lekker sentraal met verskeie roetes en Parow se 18 putjie-gholfbaan wat slegs 1 km daarvandaan is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Accommodation Nachelle gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R470 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za